Vrou ry glo drie keer oor ‘n man, vir moord aangekla

Lees ook :

Foto's: Hettie Jansen van Rensburg en Samantha Gauche Facebook-bladsye

MPUMALANGA. – Samantha Gauche (35) het na bewering Saterdag drie keer oor Leon Jansen van Rensburg (50) op ‘n kleinhoewe te Modderoos Boorde in Sundra, Mpumalanga gery, waarna hy aan sy beserings gesterf het.

Brig. Selvy Mohlala sê volgens inligting het die oorledene die verdagte gekeer om te ry en het na bewering agter die verdagte se voertuig gestaan, waarna sy verskeie keer oor hom gery het.

Sy het glo van die toneel weggejaag, maar het beheer oor haar voertuig verloor en teen ‘n boom gebots. Voordat sy verder kon vlug, het ‘n tuinier, wat glo die insident gesien gebeur het, alarm gemaak.

Met aankoms van die polisie en nooddienste is die oorledene dood verklaar en die verdagte in hegtenis geneem.

Hettie Jansen van Rensburg, die oorledene se vrou, is vir skok in ‘n hospitaal behandel.

Gauche het Maandag in die Delmas-landdroshof verskyn. Die saak is vir haar borgaansoek tot eerskomende Maandag uitgestel tewyl sy in aanhouding bly.

Hettie Jansen van Rensburg het die volgende op 2 Oktober op sosiale media geplaas:

My liefste man

Dit was onregverdig wat gebeur het met jou. Ek jou vrou gaan baie na jou verlang my man. Ek bid dat jy kan rus vind in jou hart by die Here ons God. Jy was ‘n goeie man, boer, pa, seun, boetie, oom en oupa, ek gaan jou baie verlang. Jy was nooit bang om te werk met jou hande, altyd hard gewerk en gesorg vir ons. Jou liggie sal altyd helder skyn in ons harte. Ek sal altyd by jou wees en jou hand vashou. Rus in vrede my man❤️🙏🏻 tot en met ons weer ontmoet.

Bronne: SAPD, Hettie Jansen van Rensburg, Sherees Fagan, Crime Busters, Laevelder, Potchefstroom Herald, Streeknuus, Rekord

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief