VRYSTAAT. – Die Odendaalsrus-polisie ondersoek ’n moordsaak en is steeds op soek na naasbestaandes van ‘n vrou wie se liggaam met ’n gesnyde keel op 31 Augustus 2022 op ’n plaas naby K10-seksie, in Kutlwanong, gevind is.
Sers. Palesa Thabana sê polisielede is na die toneel ontbied. Met aankoms is die liggaam van ’n onbekende vrou, vermoedelik 28 jaar oud, aangetref. Die oorledene het ’n trouring aangehad en haar klere is verspreid langs haar gevind.
“Ons doen ’n beroep op enigiemand wat inligting het, wat kan help om die oorledene se familie op te spoor of tot die inhegtenisneming van die verdagte(s) kan lei, om na vore te kom,” sê Thabana.
Enigiemand met relevante inligting tot die saak kan sers. Seleke Mahloko van die speurtak by 076 759 0534 bel. Die ondersoek duur voort.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





