NOORD-KAAP. – Cecilia Moncho, oftewel Doesie, van Griekwastad, se liggaam is Saterdag deur spelende kinders in ‘n veld in Postdene, Postmasburg ontdek. ‘n Verdagte (36) is Woensdagoggend in hegtenis geneem.
Lt.kol. Sergio Kock sê die oorledene, wat glo ‘n begrafnis op Postmasburg bygewoon het, het ‘n wond aan haar kop gehad. ‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal.
Die verdagte sal in die Postmasburg-landdroshof verskyn na hy vir die moord op die oorledene aangekla is.
Enigiemand met inligting oor die moord kan speur.sers. Tebogo Seekoei by 082 302 0391 bel.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: