Vrou se liggaam na ‘huisroof’ in kattebak gevind

Lees ook :

Foto's: Hoërskool Standerton en Crime Busters Zondi Patrol

GAUTENG. – Reneé Lea is Vrydagaand tydens ‘n beweerde huisroof in Standerton, Mpumalanga, vermoor. Haar liggaam is Saterdagoggend in haar gesteelde voertuig se kattebak in Moreletapark in Pretoria gevind.

Kol. Mavela Masondo sê ‘n man (21) is in hegtenis geneem nadat die vrou se liggaam en items wat vermoedelik tydens die huisroof gesteel is in die kattebak van die voertuig ontdek is.

“Die verdagte(s) het na bewering die huis geplunder voordat hulle die slagoffer vermoor en haar liggaam in haar Range Rover gelaai en weggery het.”

Masondo sê volgens rapportering het ‘n beampte van ‘n opsporingsmaatskappy die slagoffer se voertuig geoek en dit by die vulstasie in Moreletapark gevind. Tydens deursoeking van die verdagte en die voertuig is op die vrou se liggaam, asook items soos skootrekenaars, selfone, juwele en die oorledene se bankkaart afgekom.

“Twee vuurwapens en een replika vuurwapen is ook in die motor gevind.”

Die polisie is na die toneel ontbied, waar die verdagte in hegtenis geneem is. Hy is van moord, ontvoering, besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, besit van ‘n gesteelde motorvoertuig en besit van vermoedelik gesteelde eiendom aangekla.

Masondo sê die verdagte sal Maandag in die Pretoria-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief