OOS-KAAP. – Die Lusikisiki-speurtak doen ’n beroep op die gemeenskap om hulp te verleen met die identifisering van ’n vrou se liggaam wat Sondag omstreeks 15:40 in New Town naby die begraafplaas in bosse gevind is.
Volgens kapt. Welile Matyolo, polisiewoordvoerder, word die oorledene op sowat 30 jaar oud geskat. Sy het dreadlocks, ’n ligte gelaatskleur en toon tekens dat sy moontlik verwurg is, met kneusplekke aan haar arms. Gebruikte kondome is naby haar liggaam aangetref.
Enigiemand wat die liggaam moontlik kan uitken, word versoek om kol. Kufa, by 083 427 9656 te bel.





