GAUTENG. – ’n Vrou is ernstig beseer nadat sy glo vanoggend (Vrydag) net voor 11:00 in ‘n beweerde selfdoodpoging van die Atterbury-brug oor die N1 gespring het. Volgens beriggewing in die Rekord is die bejaarde vrou glo met aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Volunteer Emergency Medical Response Unit (VEMRU) het volgens ‘n plasing op sosiale media ’n oproep vir hulp ontvang. Die span het op die toneel saam met privaat ambulansdienste gewerk om die kritiek beseerde vrou te stabiliseer. Sy is daarna vir verdere behandeling na ’n nabygeleë hospitaal vervoer.
Die polisie was ook op die toneel en het bystand verleen.
Indien jy weet van enigiemand wat probleme ondervind of self probleme ondervind, bel die volgende dienste vir hulp: The South African Depression and Anxiety Group (SADAG) – 0800 567 567, The Netcare Akeso Crisis Line – 0861 435 787.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





