Vrou sterf, drie kritiek, talle beseer

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou, vermoedelik in haar 40’s, het Saterdagaand in Chris Hani- en Nandyrylaan, noord van Durban in ‘n ongeluk gesterf. Van die passasiers is met die impak van die ongeluk uit voertuie geslinger.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens het na 20:00 op die grusame ongeluk reageer. Chaos is op die ongelukstoneel aangetref waar ‘n volgelaaide taxi en bakkie in die ongeluk betrokke was. Beseerdes is binne en buite die erg beskadigde voertuigwrakke aangetref, waarna meer ambulanse en gevorderde lewensondersteunende paramedici ontbied is.

‘n Vrou wat noodlottige beserings opgedoen het, was in die bakkie se wrak vasgekeer. Sy is dood verklaar, waarna haar liggaam deur Ethekweni-brandweer met behulp van reddingskake uit die wrak bevry is.

Nog drie insittendes het kritieke beserings en ‘n verdere 18 matige beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer, waarna hulle na verskeie hospitale vervoer is.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die ongeluk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief