KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (41) het gesterf nadat ‘n brand glo vroeg Donderdagoggend in ‘n kamer in Saal E in die Clairwood-hospitaal in die suide van Durban uitgebreek het.
Justin Bateman van die eThekwini-bandweer sê die noodoproep is omstreeks 01:30 ontvang en die brand was teen 05:30 geblus.
Altesaam 24 pasiënte is deur hospitaalpersoneel ontruim. Die vrou wat in die brand omgekom het, het haarself vermoedelik aan die brand gesteek.


Mohamed B Khan (East Coast Crime Watch), Post Newspaper, IOL en East Coast Radio





