Vrou sterf, man kritiek beseer toe voertuig rol

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Een persoon is dood en nog een kritiek beseer toe ‘n voertuig op die M41, waar dit by die M4 rigting suid aansluit, in Umhlanga gerol het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê hulle is na die toneel van ‘n enkelvoertuigongeluk waar die voertuig op ‘n draai op sy dak beland het.

Die twee persone in die voertuig, beide vermoedelik in hulle 20’s, is ernstig beseer. Paramedici kon niks verder vir die vrou doen nie en sy is op die toneel dood verklaar. Die man, met kritieke beserings, is gestabiliseer, waarna hy vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas is.

Jamieson sê dit is onbekend hoe die ongeluk gebeur het, maar die polisie en metropolisie was vir ondersoek op die toneel.

Bron: ALS Paramedics

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief