Vrou sterf na kleinhoewe-aanval

Lees ook :

Foto: Ella Lourens Facebook-blad

NOORDWES. – Martie Dorfling (58) is Saterdagoggend net na 02:00 in ‘n huurhuis, waar sy en haar ma op ‘n kleinhoewe in Mamogaleskraal buite Brits bly, deur ‘n verdagte geskiet. Dorfling het aan ‘n skietwond gesterf.

Kol. Adéle Myburgh sê aan Nuusflits Dorfling het opgestaan en ‘n verdagte betrap wat glo besig was om ‘n plasma-TV te ontkoppel. Die verdagte het twee skote na Dorfling geskiet, waarvan een haar in die linkerbobeen getref het. Bettie Cornelius (79), Dorfling se ma, het gehoor iets is aan die gang. Martie Dorfling moes al sittende tot in die slaapkamer by haar ma beweeg omdat sy as gevolg van die skietwond nie kon loop nie. Dorfling het na haar ma omgesien.

Met die polisie se aankoms op die toneel was privaat sekuriteitsdienste en ‘n ambulans reeds teenwoordig. Dorfling is na ‘n plaaslike hospitaal vervoer, maar het aan die skietwond gesterf.

Die DSTV-dekodeerder en plasma-TV wat van die huis gesteel is, is by ‘n gat in die heining, waar die verdagte toegang tot die perseel verkry het, gevind. Een van die honde op die kleinhoewe is ook dood aangetref.

Geen inhegtenisnemings is tot op hede gemaak nie, maar daar word na die verdagtes gesoek.

‘n Saak van moord en huisroof word ondersoek

Enigiemand met inligting wat die polisie in hulle ondersoek kan help, word versoek om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief