Vrou sterf na sy in aanhoudingselle brand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Monica Golla (54) het op 12 April gesterf, nadat sy in die Rawsonville-polisiestasie se aanhoudingselle brandwonde opgedoen het.

Lt.kol. Malcolm Pojie sê lede aan diens het op 22 Maart omstreeks 21:30 ‘n brand in ‘n sel waar ‘n vrou (54) vir dronkenskap en wangedrag aangehou was, opgemerk. Die vrou het haarself glo aan die brand gesteek. Ook die beddegoed in die aanhoudingsel is tydens die brand beskadig. Die vrou is met brandwonde vir behandeling na ‘n hospitaal geneem.

‘n Navraagdossier is geopen, ‘n interne ondersoek word gedoen en Opod is van die voorval ingelig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief