Vrou sterf toe pitbulls haar verskeur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Vrou (28) het Maandag in Namibia Square naby Bloemfontein gesterf nadat sy deur vier pitbulls verskeur is.

Lt.kol. Thabo Covane sê die honde het die vrou omstreeks 15:00 aangeval. Die voorval is aan die polisie gerapporteer, wat hulle na die toneel gehaas het. Die vrou is met bytmerke, meestal aan haar onderlyf, aangetref waar sy op die grond gelê het. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie het ‘n saak van strafbare manslag oopgemaak.

Polisielede het drie van die honde op die toneel van kant gemaak. Die ander, met klein hondjies, is na die plaaslike DBV geneem.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief