Vrou sterf toe voertuig teen wal af rol

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou, vermoedelik in haar 20’s, het gesterf toe ‘n voertuig waarin sy gereis het op die N2 in ‘n suidelike rigting voor Nandi-rylaan teen ‘n wal af gerol het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê luidens ‘n persverklaring dié diens is omstreeks 10:00 vir hulp ontbied. Op die toneel is vyf persone aangetref wat in die enkelvoertuig-ongeluk was. Die voertuigbestuurder het onverklaarbaar beheer verloor, waarna dit gerol en teen die wal af is. Vier insittendes het verskeie beserings opgedoen. ‘n Vroulike insittende is op die toneel dood verklaar.

Die vier beseerdes is gestabiliseer voordat hulle na verskeie Durban-hospitale vervoer is

“ALS Paramedici wil alle motoriste versoek om asseblief stadiger te ry, versigtig te wees en hul bestemming veilig te bereik,” sê Jamieson.

Die polisie was op die toneel teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief