Lees ook: Sean ‘P Diddy’ Combs aangekla in nog ses sekssake
’n Vrou het te kenne gegee Sean P Diddy Combs het haar verkrag uit “wraak” na sy gesê het hy was by die moord op Tupac Shakur betrokke.
Ashley Parham het in ’n dagvaarding beweer Combs het haar verkrag uit wraak toe sy gesê het hy was betrokke by die moord op Tupac Shakur. Sy het ook gesê hy het gedreig om haar met ’n mes oop te sny.
Combs het voorheen ontken dat hy by die moord op Shakur in 1996 betrokke was. Die man wat aangekla word van Shakur se dood, Duane Keffe D Davis, het voorheen beweer Combs het hom $1 m. aangebied om Shakur dood te maak.
Bronne: BBC, Daily Mail, The Mirror
Lees ook: Tupac-moordverdagte pleit onskuldig





