GAUTENG. – Lize Swanepoel van Hartbeespoort is Maandag deur ‘n Sanral-beampte gehelp wat agter haar op die N4 Platinum-snelweg onderweg van Pretoria deur penne (spikes) gery het.
Die voorval het omstreeks 10:30 die oggend plaasgevind.
Twee mans in ‘n Volkswagen Polo het glo probeer om Swanepoel van die pad te druk, waarna die penne deur die venster voor haar voertuig ingegooi is. Die band van haar wiel is beskadig. Sy het aanhou ry en voor die Hartbeespoort-tolhek tot stilstand gekom. Toe ‘n Sanral-voertuig by haar stilhou, het die Polo weggejaag.
Sy het aan die Kormorant gesê indien die Sanral-beampte nie gestop het nie, kon dinge moontlik anders vir haar uitgedraai het.
Bronne: Kormorant, Rekord, Citizen, Caxton Network News





