Vrou wat glo man se moord beplan, vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Vrou (31) wat na bewering haar man (40) se moord beplan het, sal vandag in die Ermelo-landdroshof verskyn. Die man is Woensdag in sy besigheid voor sy werknemers en kliënte doodgeskiet.

Kapt. Magonseni Nkosi sê die slagoffer is ongeveer 15:00 doodgeskiet. Vier verdagtes, waarvan twee gewapen was, het die sakeperseel binnegegaan en op die man geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar. Volgens inligting is ‘n onbekende bedrag geld, selfone van die oorledene, werknemers en kliënte geroof..

Die oorledene se vrou is Donderdag tydens die ondersoek gearresteer en met verdere ondersoek is nog vier verdagtes Sondag in Hazyview vasgetrek. Twee verdagtes het daarin geslaag om te ontsnap.

Nkosi sê die verdagtes verskyn vandag in die Ermelo-landdroshof. Die voertuig van die vrou van die oorledene is vir verdere ondersoek gekonfiskeer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief