Vrou wat Sassa bedrieg, tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: SASSA

GAUTENG. – Sarathamoney Devi Sigamoney (69) is deur die Pretoria-streekhof op vyf aanklagte, wat meineed, bedrog en diefstal insluit, direk vir 10 jaar tronk toe gestuur.

Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG se ondersoekdirektoraat teen korrupsie (IDAC), sê Sigamoney was die enkeldirekteur van ‘n maatskappy wat tenders van miljoene rande vir polisiemeubels toegestaan is. Sy het Sassa-pensioentoelae ontvang. Sigamoney het vir verlof tot appèl aansoek gedoen, waarna die saak vir argumente tot 12 Maart uitgestel is.

Die beskuldigde het op 13 April 2017 vir Sassa-penisoen aansoek gedoen en het ‘n verklaring ingedien waarin sy sê sy het vir 20 jaar nooit gewerk nie. Op 18 April het Sassa ‘n brief van goedkeuring oorhandig wat deur Sigamoney as ontvang, geteken is. Sy het na bewering ‘n bedrag van ongeveer R123 000 vanaf Julie 2017 tot Julie 2022 van Sassa gekry. Nadat klagtes teen haar gemaak is, het sy vir ‘n verdere 16 maande ‘n toelaag ontvang.

Die hof het ‘n beslagleggingsbevel aan die batebeslagleggingseenheid teen Sigamoney toegestaan, wat bepaal die bedrag van R138 593 teen rente van 11.25% per jaar moet aan Sassa terugbetaal word.

Sigamoney was saam met Matthew Pillay, haar seun, as die direkteur van KJP Traders gelys. Die maatskappy het na bewering reeds teen 2012 besigheid met die staat gedoen, wat voor haar aansoek vir die ontvangs van ‘n Sassa-pensioentoelaag, was. Die maatskappy het ongeveer R88 m., waarvan die laaste betaling in 2022 was, uit polisiekontrakte ontvang.

Themba Matlou, die waarnemende hoof- uitvoerende beampte van Sassa, het die vonnis deur die Pretoria-Noord-streekhof op 4 Maart verwelkom. Matlou sê die vonnis kom kort nadat vier vroue in Mbombela ‘n opgeskorte vonnis vir bedrog met kindertoelae, vir kinders wat nie bestaan nie, opgelê is.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief