Lees ook: Taliban verbied vensters om te keer dat vrouens gesien word
AFRIKA. – Dora Moono Nyambe, ’n filantroop en TikTok-persoonlikheid, is op Kersdag in die ouderdom van 32 oorlede. Sy het in vier jaar sowat 500 kinders se lewens gered deur hulle gratis opvoeding, behuising, kos en klere deur haar skool Footprints of Hope te gee.
Van die kinders wat sy gered het, was meisies in kinderhuwelike, huishulpe, weeskinders en kinders wat nie opvoeding kon kry nie, omdat daar nie ’n skool naby hulle was nie.
Dora het 13 kinders aangeneem as haar eie en het 200 kinders in pleegsorg gehad.
Sy het gereeld in video’s op TikTok gepraat oor kinderhuwelike en het dit probeer stop.
Die oorsaak van haar dood is onbekend. Sy is op 30 Desember begrawe.
Bronne: New York Post, Lusaka Times, The Zambian Observer
Lees ook: Taliban verbied vensters om te keer dat vrouens gesien word