NIGERIЁ. – ’n Video waarin vroue betas word by ’n Nigeriese universiteit om te kyk of hulle ’n bra aan het voor hulle toegelaat word om aan ’n eksamen deel te neem, het op sosiale media versprei.
Lees ook: Air India sê een enjin op ongeluksvliegtuig was nuut
Vroulike personeel by die Olabisi Onabanjo-universiteit is gesien waar hulle vroulike studente betas om te bepaal of hulle ’n bra aan het voor hulle in die eksamensaal toegelaat word. Die video het kritiek op sosiale media ontlok met mense wat gesê het dit is seksuele aanranding en ’n oortreding van hulle menseregte.
Die president van die universiteit se studenteunie, Muizz Olatunji, het daarna op X gesê die universiteit bevorder “’n klere-beleid wat ten doel het om ’n resprekvolle omgewing te skep sonder iets wat mense se aandag kan aftrek en studente aanmoedig om in lyn met die universiteit se waardes aan te trek.” Hy het gesê die beleid is nie nuut nie en dat die unie “met die universiteit werk om ’n alternatief te kry om onbehoorlike kleredrag aan te spreek”.
Muizz het ook die beleid geplaas waarin klere wat “’n student deur dieselfde of teenoorgestelde geslag laat begeer” verbied word.
Video: Olabisi Onabanjo University OOU allegedly enforces the new “No bra, No entry” policy
— Nigeria Stories (@NigeriaStories) June 17, 2025
pic.twitter.com/tKLNs9XKwz
Bronne: BBC, Gulf News, Daily Mail
Lees ook: Air India sê een enjin op ongeluksvliegtuig was nuut





