Vroue hou familie tydens rou aan

Lees ook :

Foto: KZNVIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ‘n Familie in rou is Woensdag deur twee vroulike verdagtes in hulle huis in die Sunford-area, in Phoenix, aangehou en beroof. Die verdagtes wou kastig medelye betoon.

KZNVIP Protection Services sê die familie het ‘n persoon aan die dood afgestaan en die verdagtes het voorgegee hulle is bure wat wou simpatiseer. Dié diens is ná die huisroof ontbied en is meegedeel die verdagtes was in volle Moslem-uitrustings geklee en het twee skinkborde met eetgoed vir die familie gebring.

“Die oomblik toe hulle toegang tot die huis gekry het, het hulle toegeslaan en die bejaarde vrou en bewoners in die huis vasgebind.”

Hulle het met waardevolle items van die toneel gevlug. Die familie is deur KZN VIP-paramedici bygestaan.

“Alle nooddienste was teenwoordig en die familie het gemeenskapslede versoek om versigtig te wees en nie ook slagoffers van hierdie tipe modus operandi te word nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief