WES-KAAP. – ‘n Vrouestudent (23) is Sondag in Mountain Crescent, in Lavallia, George aan steekwonde dood. ‘n Medestudent (21) is in hegtenis geneem. Beide is studente aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se kampus in George.
Sers. Christopher Spies sê aan Nuusflits die Conville-polisie is na ‘n klagte ontbied waar twee vroue ‘n onderonsie gehad het. Met aankoms op die toneel, omstreeks 19:00, is ‘n vrou met steekwonde aangetref, waarna sy deur nooddienste dood verklaar is.
Spies sê die motief vir die moord word ondersoek.
Die verdagte is op die toneel in studentebehuising gearresteer en bly in aanhouding, waarna sy in die hof sal verskyn nadat sy aangekla is.





