Vroulike spoedvraat gearresteer

Lees ook :

Foto: Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid

LIMPOPO. – ‘n Vrou, wat as ‘n gereelde oortreder bestempel is, is Woensdagmiddag op die N1, naby Bela-Bela (voorheen Warmbad), vir spoed van 171km/h in ‘n 120km/h-sone gearresteer.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê in ‘n verklaring die vrou is boonop vroeër Woensdag ‘n boete van R1 000 in Mokopane vir die oortreding van die snelheidsgrens opgelê.

“Ons veroordeel hierdie roekelose gedrag en moedig alle bestuurders aan om versigtig te wees en by spoedbeperkings te hou.”

Die bestuurder van ‘n Audi Q2 met ‘n Gauteng-nommerplaat gaan eersdaags op aanklagte in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief