Vroulike spoedvraat gearresteer

Lees ook :

Foto: Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid

LIMPOPO. – ‘n Vrou, wat as ‘n gereelde oortreder bestempel is, is Woensdagmiddag op die N1, naby Bela-Bela (voorheen Warmbad), vir spoed van 171km/h in ‘n 120km/h-sone gearresteer.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê in ‘n verklaring die vrou is boonop vroeër Woensdag ‘n boete van R1 000 in Mokopane vir die oortreding van die snelheidsgrens opgelê.

“Ons veroordeel hierdie roekelose gedrag en moedig alle bestuurders aan om versigtig te wees en by spoedbeperkings te hou.”

Die bestuurder van ‘n Audi Q2 met ‘n Gauteng-nommerplaat gaan eersdaags op aanklagte in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief