Vrystaat-boer verloor beeste glo weens rooiwater  

Lees ook :

BRANDFORT, VRYSTAAT. – Pule Duru het sedert einde Februarie al 26 beeste op sy plaas naby Brandfort verloor. Die Vrystaatse departement van landbou het monsters geneem en betrokke veeartse beweer rooiwater kon tot die sterftes gelei het.

Die siekte word deur bloubosluise na beeste oorgedra. Beeste begin eers simptome wys twee tot drie weke nadat hulle geïnfekteer is. Simptome sluit hoë koors van meer as 40,5°C, rooi urine, tering en somtyds selfs geelsug in.

Duru het die plaaslike munisipaliteit vir hulp genader om die beeste se karkasse te verwyder. Aanvanklik het Duru net een bees verloor, maar die erns van die saak besef nadat die tweede bees die volgende dag dood is.

Die meeste beeste wat hy in een dag verloor het, is 15. Boere op naburige plase het na bewering tot vyf beeste per boer verloor, met soortgelyke simptome.

Geen amptelike verklaring oor die uitbraak van rooiwater is nog deur die Vrystaatse departement van landbou gemaak nie.

Bronne: SABC News, Farmer’s Weekly

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief