VSA en VK waarsku burgers om Libanon te verlaat voor moontlike oorlog

Lees ook :

VSA en VK waarsku burgers om Libanon te verlaat voor moontlike oorlog
VSA en VK waarsku burgers om Libanon te verlaat voor moontlike oorlog fotokrediet: Canva

Lees ook: Kommer dat Iran teen Israel gaan weerwraak neem

LIBANON. – Die VK en VSA het hulle burgers gewaarsku om Libanon dadelik te verlaat oor kommer dat weerwraak van Iran teen Israel tot ‘n volskaalse oorlog in die Midde-Ooste kan lei.

Die VSA en VK het militêre personeel, vegvliegtuie en oorlogskepe op ‘n gereedheidgrondslag vir moontlike aanvalle.

Die VK en VSA het hulle burgers aangemoedig om so gou as moontlik uit Libanon weg te kom. Baie vlugte na die streek is reeds gekanselleer.

Kanada, Italië, Duitsland, Jordanië en Frankryk het ook hulle burgers gewaarsku om uit Libanon pad te gee.

Waarskuwings is uitgereik dat Iran binne ‘n paar uur weerwraak kan neem vir die dood van die Hamas- en Hezbollah-leiers.

Bronne: The Independent, The Sun, Head Topics

Lees ook: Kommer dat Iran teen Israel gaan weerwraak neem

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief