VSA-staatsdepartement sê Rasool se kommentaar was ‘onaanvaarbaar vir alle Amerikaners’

Lees ook :

Amerikaanse staatsdepartement sê Rasool se kommentaar was ‘onaanvaarbaar vir alle Amerikaners’ fotokrediet: X

VSA. – Die woordvoerder vir die Amerikaanse staatsdepartement, Tammy Bruce, het Ebrahim Rasool se kommentaar “onaanvaarbaar vir alle Amerikaners” genoem en gesê hy het nie respek teenoor Amerikaners getoon nie en dis hoekom hy as ambassadeur geskors is.

Lees ook: Ebrahim Rasool sê hy en familie sal Sondag terug wees in SA

Bruce het gesê “die minste wat ons moet verwag, is ‘n vorm van respek as jy in ‘n posisie is om ‘n diplomatieke verhouding met ‘n ander land te help vorm”. Sy het ook gesê Trump se administrasie gaan Suid-Afrika se beleid oor die onteieningswet na, asook die land se verhouding met Rusland en Iran en die “aggressiewe posisie” teen Amerika en hulle bondgenote, wat die saak teen Israel insluit.

Dit volg na Rasool se kommentaar dat Elon Musk en Donald Trump ‘n “globale wit oppermagbeweging lei”. Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Rasool Saterdag geskors en beveel om teen Vrydag die land te verlaat.

Rasool se diplomatieke voorregte is gister opgeskort. Hy het in ‘n boodskap gesê hy en sy gesin sal Sondag terug wees in Suid-Afrika en dat hy “nie spyt is nie”.

Bronne: IOL, TimesLIVE, Polity

Lees ook: Ebrahim Rasool sê hy en familie sal Sondag terug wees in SA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief