Ebrahim Rasool sê hy en familie sal Sondag terug wees in SA

Lees ook :

Ebrahim Rasool sê in boodskap hy en familie sal Sondag terug wees in SA fotokrediet: X

KAAPSTAD. – Ebrahim Rasool, die Suid-Afrikaanse ambassadeur wat uit die VSA geskors is, het in ‘n boodskap aan familie en vriende gesê hy en sy vrou sal Sondag in Kaapstad land.

Lees ook: SA-regering werk daaraan om Ebrahim Rasool te vervang

Rasool is uit die VSA geskors na kommentaar wat hy oor Trump en Elon Musk gemaak het, waarin hy beweer hulle lei ‘n “globale wit oppermagbeweging”.

In ‘n boodskap wat op X gedeel is, het Rasool gesê hy en sy vrou, Rosieda, het klaar gepak en sien uit daarna om terug te keer na SA en dat hy “nie spyt” is nie.

Rasool is beveel om teen Vrydag die VSA te verlaat en sy diplomatieke voorregte is van vandag opgeskort.

Bronne: EWN, X

Lees ook: SA-regering werk daaraan om Ebrahim Rasool te vervang

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief