Vulgêre taalgebruik by korrektiewe dienste aangespreek

Lees ook :

Foto: Makgothi Samuel Tobakgale, nasionale kommissaris vir die departement van korrektiewe dienste

Die departement van korrektiewe dienste sê ‘n video waarin ‘n beampte in volle uniform onvanpaste en vulgêre taal in die openbaar gebruik, word aangespreek.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir korrektewe dienste, sê Makgothi Samuel Tobakgale, die nasionale kommissaris vir die departement, het te kenne gegee dit word in ‘n ernstige lig aanskou.

“Die departement is toegewyd om hoë standaarde van professionalisme te handhaaf.”

Nxumalo sê ‘n interne ondersoek is intussen geloods en toepaslike dissiplinêre aksie sal met inagneming van beleid en prosedures geneem word.

Thobakgale verseker die publiek hierdie optrede reflekteer nie die waardes en standaarde van die departement nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief