Vulstasies in Dennilton deur rowers geteiken

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Drie vulstasies in Dennilton-polisiëringsarea het Maandag onder rowers deurgeloop.

Brig. Hlulani Mashaba sê daar word onverpoos gewerk om die verdagtes op te spoor.

Tydens een van die voorvalle het verdagtes omstreeks 04:45 met twee bakkies op die vulstasie in Moutsiya Mall toegeslaan. Op een van die bakkies was ongeveer ses onbekende gewapende mans. Twee verdagtes is die kiosk binne en het die kassier met wapens gedreig. Sy het die kluis uitgewys, waarna die kassiere en klante op bevel buite op die sement moes lê. ‘n Veiligheidswag was binne teenwoordig terwyl die kluis oopgeskiet is. Manlike klante is daarna forseer om die kluis na die bakkie te dra, waarna die verdagtes met ‘n onbekende bedrag geld in die kluis gevlug het. Verskeie skote is geskiet, maar niemand is beseer nie. Die veiligheidswag is vir rookinaseming in ‘n plaaslike kliniek behandel.

In ‘n ander insident het vyf onbekende verdagtes ‘n vulstasie in Five Morgan beroof. ‘n Werknemer was in die kontantkantoor besig toe die vermomde verdagtes met vuurwapens aan die kantoorvenster geklop het en geëis het om ingelaat te word. Die kluis is uitgewys en persone in die vertrek is beveel om op die grond lê. ‘n Ontploffing is gehoor en die kluis is daarna na ‘n onbekende voertuig gesleep. Verskeie skote is geskiet voor die verdagtes met ‘n onbekende bedrag geld gevlug het.

Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Simon Nkadimeng by 079 524 1351 te kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief