Vuurwapen gaan per ongeluk by lughawe af

Lees ook :

Foto: KSIA Facebook-blad

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vuurwapen het Saterdag omstreeks 11:50 per ongeluk by King Shaka Internasionale Lughawe afgegaan.

Acsa, die lughawemaatskappy van Suid-Afrika, het die voorval aan Nuusflits bevesig.

Die insident het binne die terminaal gebeur.

“Ons wil graag die publiek verseker dat alle veiligheidsmaatreëls ten tyde van die voorval in plek was. ‘n Sekuriteitsbeampte aan diens het dadelik die situasie aangemeld, en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vinnig gereageer. Die veiligheid van ons passasiers en personeel bly ons hoogste prioriteit.”

Acsa sê voorts die insident word deur die polisie ondersoek.

“Acsa sal nie enige verdere besonderhede bekend maak wat die voortgesette ondersoek kan benadeel nie.”

Volgens IOL se beriggewing het ‘n man by die aankomsterminaal gestaan en gesels toe hy sy vuurwapen laat val en die skoot afgegaan het. Persone teenwoordig het op hom geskree en hy het die gebied verlaat.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.



Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief