Vuurwapens en ammunisie tydens roof op plaas gesteel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die polisie het ‘n soektog vir vier vuurwapens, verskeie rondes ammunisie van verskillende kalibers en ander waardevolle gesteelde items geloods ná ’n roof op ‘n plaas Sondag omstreeks 09:30 in die Burgersfort-omgewing.

Brig. Hlulani Mashaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits ’n plaaswerker was na bewering aan diens toe hy ’n voertuig wat aan sy werkgewer se vrou behoort, op hom sien afjaag het. Dit het langs hom gestop en vyf gewapende verdagtes, van wie een met ’n geweer, het uitgeklim en hom oorweldig. Hy is daarna vasgebind en van ’n onbekende bedrag geld beroof voordat die verdagtes na die plaashuis is.

Die werknemer het homself later losgewikkel en ander werkers en veiligheidspersoneel ontbied. By die huis is ontdek die verdagtes het ingebreek en ’n kluis gesteel. Toe die polisie op die toneel aankom, is bevestig dat die kluis vier wettig geregistreerde vuurwapens, verskeie kalibers ammunisie en ander waardevolle items bevat het. Die verdagtes het glo in die slagoffer se voertuig gevlug wat later beskadig en verlate gevind is. Die gesteelde kluis is ook naby gevind, maar was oopgebreek.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat drie van die verdagtes buitelandse burgers is, terwyl die ander twee vermoedelik Suid-Afrikaners is.

Die polisie doen ’n beroep op lede van die publiek wat moontlik oor inligting beskik wat met die ondersoek kan help, om dit aan te meld by die naaste polisiekantoor.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief