Vyf in een huis doodgesteek, verdagte soek

Lees ook :

Verdagte vermoor glo vyf familielede
Verdagte vermoor glo vyf familielede fotokrediet: Canva

Lees ook: Vier verdagtes in hegtenis vir Motherwell-skietery

BERGVILLE, KZN. – Die polisie is op soek na ’n verdagte nadat sewe persone gisteraand met ’n mes gesteek is. Vyf van die oorledenes is na bewering familie van mekaar.

Die verdagte en sy oom het glo by bure gaan kuier en toe hulle terugkom, was sy ma en nog mense in die sitkamer. Die verdagte het ’n mes geneem en glo sy ma gesteek, wat toe uitgehardloop het. Daarna het die verdagte na bewering sy oom gesteek wat gesterf het toe hy na die bure probeer vlug het. Twee dogtertjies, twee en ses jaar oud, is doodgesteek. Die verdagte het voorts na bewering ’n gestremde vrou doodgesteek, asook ’n bejaarde vrou.

Sy ma en ’n vierjarige meisie het oorleef met verskeie steekwonde. Die verdagte se suster kon vlug met haar baba, een jaar oud.

Voorlopige ondersoeke het gewys die verdagte het verskeie sake van familiegeweld teen hom gehad wat later willekeurig teruggetrek is.

Bronne: SAPD

Lees ook: Vier verdagtes in hegtenis vir Motherwell-skietery

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief