Vyf lewensvonnisse na man sy verloofde vermoor en daarna dogters verkrag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (38) is ‘n vonnis van vyf keer lewenslank plus ses jaar in die Durban-hooggeregshof opgelê. Hy het sy verloofde op 12 Mei 2022 doodgemaak en oomblikke daarna sy dogter en stiefdogter verkrag.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die NVG, sê die beskuldigde is vir die moord van sy verloofde, verkragting van sy stiefdogter en die verkragting, aanranding en poging tot moord van sy biologiese dogter, skuldig bevind.

Die stiefdogter was 11 jaar oud toe die verkragting in 2014 reeds begin het en tot 2017 geduur het. Haar ma het agterdogtig geraak, waarna die dogter vir haar van die verkragtings vertel het. Sy het daarna die beskuldigde gekonfronteer en hulle verhouding beëindig. Hulle het maande later herenig met ‘n belofte dat hy nie weer die stiefdogter sal verkrag nie. Die verkragtings het egter voortgeduur en die stiefdogter was ook aangerand.

In die vroeë oggendure op die betrokke dag van die moord in KwaNyuswa het die beskuldigde en sy verloofde ‘n argument gehad, waarna hy haar met ‘n stomp voorwerp oor die kop, nek en bors geslaan het. Sy is oorlede. Hy het haar liggaam onder bosse ingerol, met ‘n bedoortreksel bedek en takke bo-oor gesit.

Daarna het hy sy biologiese dogter (15) uit die huis gelok, haar met ‘n skerp voorwerp gesteek en in bosse verkrag. Hy is terug na die huis en het sy stiefdogter na sy slaapkamer ontbied waar hy haar in die teenwoordigheid van sy biologiese dogter verkrag het. Hy het gevlug en is drie maande later in hegtenis geneem. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word en die verdagte is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die dogters is na Chatsworth Thuthuzela Care Center geneem waar hulle mediese en sielkundige hulp gekry het.

Kol. Robert Netshiunda sê die verloofde is verskeie kere gesteek waarna haar liggaam in die erf bedek is. Die getraumatiseerde 15-jarige het hulp van familie deur WhatsApp verkry. Met hulle aankoms het die beskuldigde gevlug.

Die liggaam van die vrou is gevind en ‘n moordklag is geopen. Die saak is deur Pinetown-GKS ondersoek. Met behulp van misdaadintelligensie is die beskuldigde, wat homself as ‘n vrou vermom het, in die Illovu-woonbuurt in hegtenis geneem. Hy het verskeie kere in die Pinetown-landdroshof verskyn, waarna die saak vir verhoor na die Durban-streekshof oorgeplaas is.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief