SOMALIЁ. – Vyf mense is dood nadat ’n Ugandese weermaghelikopter by die hoof- internasionale lughawe in Mogadishu, Somalië, neergestort het en aan die brand geraak het.
Lees ook: Ugandese weermaghelikopter stort by Somaliese lughawe neer
Die vlieëniers en vliegtuigingenieur het oorleef, maar het “ernstige beserings en erge brandwonde” opgedoen volgens die Ugandese weermagwoordvoerder, maj.genl. Felix Kulaigye.
Kulaigye het gesê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Volgens hom het die helikopter deelgeneem aan ’n “roetine-gevegsbegeleidingsmissie”.
Bronne: BBC, Citizen Digital, The Straits Times
Lees ook: Ugandese weermaghelikopter stort by Somaliese lughawe neer





