Brekende Nuus
Afrikaans

Vyf sterf toe aardbewing Papoea-Nieu-Guinee tref

Geen tsoenami-waarskuwing is vir Australië uitgereik nie.

Vyf sterf toe aardbewing Papua New Guinea tref. Foto: Farouk Aleem
Vyf sterf toe aardbewing Papua New Guinea tref. Foto: Farouk Aleem

AMBUNTI, PAPOEA-NIEU- GUINEE. – ’n Aardbewing wat 6,9 op die Richterskaal meet, het Sondagoggend in die noorde van Papoea-Nieu-Guinee voorgekom.

Minstens vyf mense het gesterf. Die aardbewing het op ’n diepte van 65 km omtrent 32 km vanaf die landelike nedersetting Ambunti plaasgevind.

Geen tsoenami-waarskuwing is vir Australië uitgereik nie.

Nagenoeg 1 000 huise is verwoes. Volgens Christopher Tamari, polisiewoordvoerder, kan die dodetal styg.

Aardbewings is glo algemeen in Papoea-Nieu-Guinee omdat hulle op die sogenaamde “vuurkring” wat vir tektoniese beweging bekend is, geleë is.

Bronne: Reuters, NDTV