Vyf vas ná rooftogte by kerk en kroeg, verdagte doodgeskiet ná nog ‘n kerkaanval

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Vyf verdagtes, tussen 19 en 30 jaar oud, is Saterdag op die N4 naby die Kanyamazane-afrit in hegtenis geneem nadat twee vuurwapens, selfone en ander gesteelde items in hul besit gevind is. Gedurende ‘n afsonderlike voorval is ‘n verdagte (22) Vrydagaand doodgeskiet nadat hy en nog ‘n verdagte ‘n moskee in Kwaggafontein beroof het.

Brig. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die inhegtenisneming van die vyf volg nadat die provinsiale teen-kapingspan en die honde-enheid die verdagtes in ’n blou VW Polo opgemerk en deursoek het. ’n Sak met selfone, ’n skootrekenaar, kontant en drie 9 mm-pistole met ammunisie is in die voertuig gevind. Die vyf sal Maandag op aanklagte van onder meer vir die besit van onwettige vuurwapens en gesteelde goedere in die Knyamazane-landdroshof verskyn.

‘n Rooftog het Saterdagoggend omstreeks 03:30 by ’n kerk in Ngwenyeni naby Komatipoort plaasgevind waartydens ’n 14-jarige beseer is toe skote geskiet is. Hy is na ’n hospitaal geneem vir behandeling.

’n Tweede rooftog is by ’n taverne in Madadeni in Nkomazi aangemeld.

In ’n afsonderlike voorval, Vrydagaand omstreeks 18:30, is ‘n verdagte doodgeskiet nadat hy saam met ’n ander gewapende verdagte ’n moskee in Kwaggafontein beroof het. Die verdagtes het glo die slagoffers met ’n vuurwapen gedreig. Een verdagte het skote geskiet en drie mense beseer voordat ’n lid van die gemeente teruggeskiet het. Die verdagte is dood in die erf van die moskee, met ‘n vuurwapen langs hom, dood aangetref.

Genl.maj. Zeph Mkhwanazi, waarnemende provinsiale kommissaris, sê: “Ons werk saam met geloofsorganisasies om hierdie neiging van rooftogte aan te spreek. Oortreders moet gewaarsku word. Hierdie inhegtenisnemings is net die begin en ons glo dit sal help om van hierdie sake op te los.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief