Lees ook: Nog ’n verdagte in hegtenis in Steinhoff-ondersoek
SPANJE. – Vyf verdagtes is in Spanje in hegtenis geneem na hulle hul as die akteur Brad Pitt voorgedoen het om twee vrouens uit $362 000 te bedrieg.
Drie van die verdagtes is in November in hegtenis geneem en nog twee is in Julie vanjaar aangekeer. Hulle is dié week eers van bedrog en geldwassery aangekla.
Die verdagtes het boodskappe aan vrouens gestuur deur ‘n aanlyn aanhangerblad vir die akteur en het hulle laat glo hulle het ‘n “romantiese verhouding” met die akteur. Hulle het die vrouens oortuig om geld te belê in skemas wat nie bestaan het nie.
Bronne: The Independent, US Weekly, Variety
Lees ook: Nog ’n verdagte in hegtenis in Steinhoff-ondersoek