Vyf vermeende kitsbankrowers doodgeskiet en een gearresteer

Lees ook :

Foto: Skermskoot ligging misdaadtoneel

MPUMALANGA. – Vyf vermeende kitsbankrowers is vroegoggend (Maandag) tydens ‘n skietery in Emalahleni (Witbank) doodgeskiet. ‘n Sesde verdagte is gearresteer.

Foto: SAPD

Kol. Katlego Mogale sê inligting van ‘n beplande opblaas van ‘n OTM is deur ‘n span, wat die taktiese operasionele bestuursafdeling (TOMS), Valke, spesiale taakmag en Falkon Risk Security insluit, in Schoongezicht opgevolg. Verdagtes was glo in ‘n veilige huis, waar die spanne strategies geplaas is om volgens beskikbare inligting vir ‘n wit Toyota Hilux-bakkie uit te kyk. Die span wou die bakkie stop toe dit uit die buurt wou ry, maar daar is op hulle deur die insittendes geskiet. Vyf verdagtes is noodlottig gewond en nog een beseer in die oor-en-weer-skietery wat gevolg het.

Mogale sê die polisie het ‘n R5-geweer, ‘n jaggeweer met ‘n teleskoop, drie 9 mm-pistole en springstof op die toneel gekonfiskeer.

Die bakkie waarin die verdagtes gery het, word verder ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief