WES-KAAP. – Vyf verdagtes, insluitend twee minderjariges, het vanoggend (Vrydag) in verband met die skietvoorval op 17 Oktober, waarin sewe mans in Philippi-Oos dood is, in die Athlone-landdroshof verskyn.
Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê Sinothando Songca (18), Kuhle Webu (22), Asavela Tshaya (21), asook twee minderjariges van 16 en 17 jaar oud, word aangekla op sewe aanklagte van moord, regsverydeling en brandstigting. Die saak is vir borginligting tot 30 Oktober uitgestel. Die media sal nie toegelaat word om die verrigtinge by te woon nie, aangesien daar minderjariges onder die beskuldigdes is.





