Vyf vir geweldsmisdade tot 545 j. tronkstraf gevonnis

Lees ook :

Foto: Google Maps

WES-KAAP. – Vyf beskuldigdes van geweldsmisdade is deur die hof tot altesaam 545 jaar tronkstraf gevonnis.

Lt.kol. Siyabulela Vukubi van die Valke sê Phikolomzi Mpafa (29), Wiseman Tulisile Tshelana (49), Bongani Ngubo (37), Phello Hugh Monyake (49) en Eliah Mzolisi Mpiti (54) is saam vir roof met verswarende omstandighede, poging tot moord, besit van onwettige vuurwapens en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie gevonnis.

Vukubi sê die beskuldigdes is elkeen met 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede gevonnis. Vir verskeie ander aanklagte is vonnisse opgelê en op ander aanklagte was die bevinding onskuldig.

Mpafa, Tshelana en Monyaka is in totaal tot 105 jaar elk gevonnis. Ngubo is 120 jaar en Mpiti 110 jaar gevangenisstraf opgelê.

Ongeveer 10 verdagtes het in Mei 2018 die Italian Liquor Store in Zwlethemba op Worcester betree. Die werknemers is met ‘n vuurwapen gedwing om die kluis oop te sluit. Hier het hulle R30 000 geroof. Daarna het die verdagtes probeer om veiligheidswagte van Fidelity Cash Solution te forseer om ‘n gepantserde voertuig oop te maak, maar dit was onsuksesvol. Hulle het egter ‘n veilighedswag se handwapen gesteel en daarna met ‘n minibus gevlug.

Die verdagtes is deur die polisie aangekeer, waarna ‘n oor-en-weer-skietery ontstaan het. Tydens die skietery is drie verdagtes gewond en twee is in hegtenis geneem. Twee AK47-aanvalsgewere, ‘n Uzzi- semi-outomatiese geweer en twee pistole, waarvan een aan die beroofde veiligheidswag behoort het, is gevind. ‘n Bedrag van R30 000 is ook teruggekry.

“Ingevolge artikel 280 (2) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, het die hof gelas dat die vonnisse wat opgelê is samelopend uitgedien word.”

Elkeen van die beskuldigdes sal dus direk 15 jaar tronkstraf uitdien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief