Vyf vir ontvoering en moord op boer van Harrismith gevonnis

Lees ook :

Foto: Felicity Coughlan

VRYSTAAT. – Vyf mans is vir die ontvoering van en moord op Mike Pattinson (65) van die plaas Summerslie in die Harrismith-hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis.

Teboho Mothebedi (22), Jabulane Ngcongwane (44), Bheki Maphalala (18), Lephosa Motaung (26) en Siyabonga Khumalo (22) is saam tot 205 jaar tronkstraf gevonnis.

Kapt. Loraine Earle sê Pattinson is op 23 Julie 2023 op sy plaas aangeval. Waardevolle items en ‘n Toyota Urban Cruiser is gesteel. Pattison is in die kattebak van sy voertuig gedwing, waarna hy in Qwagwa vermoor is. Die verdagtes is die volgende dag op aanklagte van inbraak, roof, ontvoering en moord in hegtenis geneem

Elk van die verdagtes is drie jaar vir inbraak met die doel om te steel, 12 jaar vir roof met verswarende omstandighede, ses jaar vir ontvoering en 20 jaar vir moord, gevonnis. Die vonnisse van aanklag 1 en 2 sal gelyktydig uitgedien word en die vonnisse van aanklag 3 en vier sal gelyktydig uitgedien word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief