Lees ook: Minstens 36 mense dood na drink van onwettige besmette drank
SRI LANKA. – Vyf vissermanne is dood en een is in kritieke toestand na hulle uit bottels gedrink het wat hulle in die see gevind het.
Die vissermanne het op 4 Junie vanaf die Tangalle-vissershawe vir ‘n lang visvanguitstappie geseil. Naby Sri Lanka het hulle bottels met ‘n onbekende vloeistof in die see sien dryf. Die vissermanne het gedink daar is alkohol in die bottels en het daarvan gedrink. Vier van die ses is dood kort na hulle die vloeistof gedrink het en een Sondag. Die sesde visserman is steeds in kritieke toestand.
Die voorval word ondersoek.
Bronne: BBC, The Independent, Daily Mirror
Lees ook: Minstens 36 mense dood na drink van onwettige besmette drank





