Vyfjarige met mes doodgesteek

Lees ook :

Foto: NAC - Sidneyvale Congregation

WES-KAAP. – Xavier Mitchell (5) het Woensdag gesterf nadat hy in Skystraat in Bishop Lavis doodgesteek is.

Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits ‘n saak van moord word ondersoek nadat ‘n seun Woensdag omstreeks 10:40 noodlottige steekwonde by ‘n perseel in Skystraat opgedoen het.

Polisielede het op ‘n klagte by die adres gereageer waar hulle meegedeel is ‘n seun is met ‘n mes gesteek. Die lede is dadelik na die plaaslike hospitaal waarheen die seun deur ‘n lid van die gemeenskap geneem is. By die hospitaal is die polisielede die seun met drie steekwonde in sy rug gewys. Hy is by die hospitaal dood verklaar.

Frederick sê ‘n verdagte in sy 40’s, vermoedelik verstandelik gestrem, is deur die polisie in hegtenis geneem, waarna hy by Bishop Lavis-polisiestasie aangehou word.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief