Vyftien jaar tronkstraf vir renosterhorings onderweg na Viëtnam

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Ntsako Miaas Maluleke (37) en Phanuel Vutivi Chabalala (36) is Maandag in die Kempton Park-streekhof op aanklagte van die ontvangs, besit, vervoer en uitvoer van renosterhorings gevonnis. Hulle is op OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder vir die Valke, sê die mans is skuldig aan oortreding van die wet op Nasionale Omgewingsbestuur Biodiversiteit (NEMBA). Volgens rapportering is die beskuldigdes op 18 Augustus 2018, onderweg na Viëtnam, met twee bokse met 27 renosterhorings in hegtenis geneem.

“Die totale gewig van die horings was 29,47 kg met ‘n geraamde waarde van R2,9 m.”

Beide het op agt aanklagte in die hof verskyn en is op 20 Augustus 2018 op R2 000 elk borg vrygelaat. Die beskuldigdes het in September 2019 van die gereg gevlug, maar is in 2020 in Vhuwani aangekeer en weer in hegtenis geneem.

“Albei beskuldigdes is op 19 Mei 2024 op al agt aanklagte skuldig bevind en hul saak is tot 15 Julie 2024 vir vonnisoplegging uitgestel.”

Albei mans is tot vyf jaar op aanklag 1 & 2, vyf jaar op 3 & 4, vyf jaar op 5 & 6 en vyf jaar op 7 & 8 gevonnis.

“Die totale vonnis vir elke beskuldigde is 20 jaar waarvan vyf jaar gevangenisstraf opgeskort word vir vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigdes nie skuldig bevind word aan dieselfde aanklagte wat gepleeg is gedurende die tydperk van opskorting nie.”

Elkeen van die beskuldigdes sal 15 jaar tronkstraf uitdien.

Beide is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief