Waarskuwing om Kampsbaai-wandelpaaie te vermy

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ’n Aktiewe soektog na drie gewapende verdagtes is tans aan die gang nadat vanoggend (Vrydag) ‘n inbraak in die gebied bo Kampsbaai gepleeg is. Veldwagters en veiligheidsmagte deursoek die gebied met behulp van hommeltuie.

Op ‘n sosialemediaplasing van Tafelberg Nasionale Park word stappers sterk aangeraai om die Kampsbaai-wandelpaaie tot verdere kennisgewing te vermy. Terugvoer sal verskaf word sodra owerhede die gebied as veilig verklaar.

“Bly waaksaam en prioritiseer jou veiligheid,” lui die verklaring van SANParke.

Bronne: SANParks, Table Mountain National Park

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief