Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms, reën en moontlike oorstromings vir die Noord-Kaap, Vrystaat en Noord-Wes uitgereik.
Lees ook: Ouers eis antwoorde na beweerde seksuele aanranding van meisie (5) op skoolgrond
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën is ook vir dele van Mpumalanga uitgereik.
Reën is vir die grootste deel van die land vir die res van die week voorspel.
Motoriste word herinner om die weer dop te hou vir enige veranderinge en om laagliggende brûe te vermy. Mense word gemaan om van lopende water weg te bly.
Bronne: SAWD
Lees ook: Ouers eis antwoorde na beweerde seksuele aanranding van meisie (5) op skoolgrond
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





