Waarskuwing oor loslopende leeus tussen Mbombela en Barberton

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Waarskuwing is aan die inwoners van Mbombela (Nelspruit) en Barberton in die Laeveld van Mpumalanga gerig, nadat loslopende leeus opgemerk is.

CCTV-beeldmateriaal het bevestig die leeus is by The Rest in Mbombela by ‘n ingang van ‘n landgoed opgemerk. Inwoners, veral dié langs die R40, waar die groot katte opgemerk is, is gewaarsku om op hulle hoede te wees. Die leeus beweeg in areas wat Glenwood, Hermansburg en Hilltop insluit.

Die leeus is Maandagaand naby die Hermansburg-area opgemerk. Dinsdagoggend is vars spore by die ingang van die Glenwood-area opgemerk.

‘n Soektog na die leeus is deur ‘n vastevlerkvliegtuig van ‘n lid van die publiek en ‘n hommeltuig van die Mpumalanga Tourism and Parks Agency ondersteun. As gevolg van digte bosse en die terrein is die leeus nog nie opgespoor nie. Dit is onbekend waar die leeus vandaan kom, maar daar word steeds na hulle gesoek.

Inwoners word gewaarsku om nie in die donker buite rond te loop nie en kinders moenie sonder ouertoesig buite speel nie.

Indien die leeus gewaar word, kan Jean Koch by 064 880 8716, Chris Hobkirk by 082 372 3350, Gerrie Camacho by 082 353 9097 en Ertjies Rohm by 083 626 6309 gebel word. Louw Steyn van die Mpumalanga Tourism and Parks Agency kan ook by 083 6266 792 gekontak word.

Bronne: Mpumalange Tourism and Parks Agency, The Citizen, George Herald, SA Traffic National Updates en Caxton Network News

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief