’n Verslag vir Maart deur die Mineraleraad van Suid-Afrika het bevind die kragstelsel was steeds onder druk in Maart met die energiebeskikbaarheidsfaktor wat grotendeels dieselfde was as in Februarie.
Lees ook: SAWD waarsku oor oorstromings in Wes-Kaap
Die klein verskil tussen die kapasiteit vir krag en die behoefte vir elektrisiteit het beurtkrag in Maart veroorsaak. Daar was 22 357 MW opwekkingskapasiteit teenoor ’n behoefte van 22 509 MW, wat gelei het tot 55 uur van beurtkrag. Beurtkrag is ook later ingestel na vyf opwekkingseenhede ingegee het.
Die verslag het gesê Eskom is besig om die situasie te verbeter, maar dat die stelsel steeds onder druk is, wat moontlik tot beurtkrag kan lei.
Eskom het gesê dit behoort teen die einde van April meer inligting te hê oor die vooruitsig van moontlike beurtkrag in die winter.
Bronne: Minerals Council South Africa





