Europese reguleerders het waarskuwings uitgereik oor “gevaarlike” produkte wat onder andere deur Temu en Shein verkoop word.
Lees ook: Sowat 30 mense dood in busongeluk in Bolivië
Produkte wat moontlik gevaarlik kan wees oor die hoë vlak van karsinogene wat dit bevat, sluit skoene, naelpolitoer en onderklere in. Kinderspeelgoed wat vlambare middels bevat, is ook gevind, asook speelgoeditems met toksiese slym en klein onderdeeltjies waaraan jong kinders kan verstik.
Die waarskuwing volg op ‘n ondersoek wat oor 15 maande in Denemarke, Italië en die VK gedoen is.
Elektriese verwarmers, sommige wat onwettig mag wees in die Europese Unie, word op Temu verkoop. Produkte met chemiese komponente wat kanker kan veroorsaak, immuniteitprobleme en ander gesondheidsprobleme kan veroorsaak, word ook op die twee gewilde aanlyn platforms verkoop.
Amerika het kindernagklere van Temu herroep wat vlambaar is en wat meer as die aanvaarbare vlakke van chemiese komponente soos ftalate bevat. Suid-Korea het om dieselfde rede kinderklere vir die winter herroep.
Temu het al voorheen gesê hulle neem veiligheid ernstig op en monitor die gehalte van hulle produkte om seker te maak dit is veilig.
Bronne: BusinessTech, MyBroadband, Gauteng News





