NOORDWES. – Motoriste op die N4 tussen Hekpoort en Rustenburg word gewaarsku om uiters waaksaam te wees ná ‘n voorval Dinsdagmiddag. ’n Noodvoertuig is getref deur ‘n skerp metaalvoorwerp wat van ‘n brug af gegooi is.
Live Traffic sê hierdie is nie die eerste voorval van sy soort nie en klipgooiery, sowel as spiking neem toe en stel lewens in gevaar. Die paramedikus moes na die insident mediese behandeling vir ‘n ernstige snywond aan sy gesig kry.
Motoriste moet volgens dié kanaal waaksaam wees en help om paaie veiliger te maak deur oplettend te wees by brûe, verdagte gedrag by owerhede aan te meld en nooddienswerkers te ondersteun. Besighede, gemeenskapsgroepe, sowel as korporasies word gevra om veiligheidsinisiatiewe te help borg.
“Ons kan nie orals wees nie. Ons het julle hulp nodig,” sê Live Traffic.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com