KIMBERLEY – Motoriste word gewaarsku om versigtig in Kekewichlaan in Monumenthoogte te ry.
’n Lek het ’n gevaarlike slaggat gevorm. Water stroom direk in die stormwaterstelsel.
Nuusflits het in verlede week ’n bestuurder van ’n minibustaxi by die water in die middel van die straat gesien toe hy dit gebruik het om sy taxi te was.
Nuusflits het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen, maar het nie betyds terugvoer ontvang nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan:

